How to use 24 Afrikaans Idioms in Sentences, with Lekker Examples

For fun or school work, here’s how to use Afrikaans idioms in sentences, with lekker (cool) examples.

1. Agteros kom ook in die kraal. To eventually complete a task.
Uiteindelik het ek my werk klaar gemaak, toe sê die onderwyseres vir my agteros kom ook in die kraal.

2. Aan iemand se lippe te hang. To listen attentively.
Die juffrou lees ’n baie opwindende storie vir die kinders en hulle hang aan haar lippe.

Aan iemand se lippe te hang. To listen attentively.

3. ‘n Appeltjie met iemand te skil hê. To want to speak to someone about a serious matter.
My pa het uitgevind dat ek sy motor gestamp het. Nou het hy ’n appeltjie met my te skil.

4. Hulle bak en brou net soos hulle wil. They do exactly as they please.
Wanneer die ma uitgaan om inkopies te doen, los sy die kinders by die huis. Toe die ma terugkom sien sy die hele huis is ’n gemors. Toe sê sy vir die kinders julle bak en brou soos julle wil as ek nie hier is nie, nê.

5. Hy is ‘n bobbejaan. He is stupid or silly.
Jannie dink dat melk van Pick ‘n Pay af kom en nie van ‘n koei nie. Hy is ’n bobbejaan.

6. Sy draai almal om haar vinger. To manipulate people.
In die oggend vra die dogtertjie vir ’n lekkertjie van haar oupa en hy gee toe vir haar een. Daardie middag vra sy haar pa vir ’n pop, en hy koop vir haar een. Daardie aand vra sy haar ma vir nog ’n stukkie koek en haar ma gee dit vir haar. Toe sê haar oom vir haar ma, die dogtertjie draai almal om haar vinger.

7. Die geld groei nie op my rug nie. Money does not come from nowhere. / Money does not just appear. / There is not enough money.
Die seuntjie wil baie graag ’n baie duur speelding hê. Hy vra vir sy ma of sy dit vir hom sal koop, toe skud sy haar kop en sê, geld groei nie op my rug nie.

8. Hy het die hasepad gekies. He ran away.
Die seuntjie wou nie sy kamer aan die kant maak nie en toe sy ma met hom wou raas, het hy die hasepad gekies.

9. Die huis staan in ligte laaie. The house is on fire.
Die Smit-familie het gaan uiteet. Oppad terug huis toe, sien hulle brandweerwaens in hulle straat. “Wat gaan aan?“ vra mev Smit. “Kyk”, sê mnr Smit, “ons huis staan in ligte laaie!

10. ’n Kat in die sak koop. To unknowingly have purchased broken merchandise.
My pa het vir my boetie ’n speelkarretjie gekoop, maar hy het nie die boks in die winkel oopgemaak nie. Toe hy by die huis kom, sien hy dat die karretjie gebreek is. My ma sê hy moet dit na die winkel terug vat, want hy het ’n kat in die sak gekoop.

11. As die kat weg is, is die muis baas. In the absence of supervision or authority, others do as they please.
As my ma weg is, dan dink my broer hy kan vir my sê wat ek moet doen en dit maak my kwaad. Ek vertel toe vir my ma, maar sy lag en sê dat as die kat weg is, is die muis baas.

When the cat’s away, the mice will play - in Ancient Rome
When the cat’s away, the mice will play – in Ancient Rome

12. Die koeël is deur die kerk. Damage has been done. Something is over and cannot be fixed.
Eendag was my broer kwaad. Toe breek hy aspris my ma se mooiste blompot. Toe voel hy sleg en sê vir my ma dat hy dit wil regmaak. Toe sê my ma die koeel is deur die kerk.

13. Lekker is maar ’n vinger lank. When one is enjoying something, time passes very quickly.
Betty het ’n heerlike tyd by haar vriendin se partytjie gehad, maar toe moes sy huis toe gaan. Betty besef lekker is maar ’n vinger lank.

14. Ek is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie. I am not stupid.
My broer sê vir my hy het eendag ’n pienk koei in ons tuin sien rond loop. Ek sê toe vir hom dat ek nie onder ’n kalkoen uitgebroei is nie.

15. Hy is in sy noppies. He is happy.
Die seuntjie het baie presente gekry vir sy verjaarsdag, nou is hy in sy noppies.

16. Sy is ’n nuuskierige agie. She is inquisitive.
Elke keer as iemand vir Sannie iets sê, vra sy “Hoekom? Hoekom?“ Sy is ’n nuuskierige agie.

Sy is ’n nuuskierige agie. She is inquisitive.

17. Iemand oor die kole haal. To reprimand someone.
Jannie skop aspris vir Sarel op die been. Die onderwyser sien dit, toe het hy Jannie oor die kole gehaal.

18. Ons ry met Jan Tuisbly se karretjie. To stay at home.
Een vrou sê vir die ander vrou; ”oe, ons gaan lekker vakansie hou in Bloemfontein.“ Toe sê die ander vrou; “oe, nee hierdie jaar ry ons met Jan Tuisbly se karretjie.

19. Sy skiet met spek. To tell a lie.
Chanel se ma sien hoe Chanel ‘n lekkertjie steel. Chanel sê toe sy het NIE ’n lekkertjie gesteel nie. Haar ma sê toe: ”Chanel jy skiet met spek.

20. Ek kan slange vang. I am very angry.
Die man se motor is gesteel en toe hy dit uitvind sê hy dat hy kan slange vang.

21. Slaan die spyker op die kop. To reach the correct conclusion.
Pieter wou nie skool toe gaan nie. Hy jok toe vir sy ma en sê sy maag is seer. Later praat sy ma met sy pa. Sy sê “Moes Pieter nie vandag daardie goot wiskundetoets skryf nie? Mmm… so hy is miskien nie siek nie… hy wil net nie die toets skryf nie” Die pa sê “Ek dink jy slaan die spyker op die kop”.

32 original Afrikaans idioms sure to make you smile once translated into English

22. Slaan voet in die wind. To run away.
Die dief is in die bank, skielik hoor hy die polisie sirenes en toe slaan hy voet in die wind.

23. Iets van die hand sit. To sell something.
My pa het twee fietse gehad toe besluit hy om een van die hand te sit.

24. Hy eet alles vir soetkoek op. To be gullible.
As jy vir Jannie sê dat koeie kan vlieg sal hy dit vir soetkoek opeet.

20 Afrikaans words with interesting English literal translations

9 Replies to “How to use 24 Afrikaans Idioms in Sentences, with Lekker Examples”

  1. Very very interesting. . Thanks for sharing a wonderful, informative post.

  2. I am glad you enjoyed them, Aparna. My children did Afrikaans in school as second additional language, so these brought back some memories 🙂

    Plus the etymology of an expression can be fascinating!

  3. Africaans reminds me a little bit of our Swiss German dialect, Patricia, but I would have been wrong about the word ” Die juffrou” , because we say Jungfrau to the virgin! Many thanks for your interesting introduction of this language:)

  4. Martina, I’ll have to look up the Swiss German dialect then 🙂 I know that Afrikaans is similar to Dutch, as it originates from it.
    Juffrou would be teacher in Afrikaans, but it comes from Miss, and young lady. But I see what you mean 🙂

    Really good hearing from you, Martina!
    Best wishes to you all!!

Comments are closed.

Discover more from Patricia Furstenberg, Author of Dreamland and Other Books

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue Reading